Djengis Khan

Djengis Khan
1ste khagan en keiser van die Mongoolse Ryk
Keiser van China
(nadoods vereer as Yuan-keiser)
’n Skets van Djengis Khan.
’n Skets van Djengis Khan.
’n Borsbeeld van Djengis Khan in die presidensiële paleis in Ulaanbaatar.
’n Borsbeeld van Djengis Khan in die
presidensiële paleis in Ulaanbaatar.
Regeer Lente 1206 - 25 Augustus 1227
Volle naam Mongools: Чингис Хаан, ᠴᠢᠩᠭᠢᠰ ᠬᠠᠭᠠᠨ
Geboortenaam Temoedjin
Gebore c. 1162
Oorlede 25 Augustus 1227 (op 64-65)
Opvolger Ögedei Khan
Gades Börte Ujin
Koelan
Jisoegen
Jisoei
en ander
Kinders Djotsji
Tsjagatai
Ögedei
Toloei
en ander
Adellike huis Bordjigin
Tempelnaam Taizu (太祖)
Vader Jesoegei
Moeder Ho'eloen

Djengis Khan (uitspraak: [ˈdʒɛŋɡɪs ˈkɑːn];[1] Mongools: Чингис хаан; Tsjingis chaan;[nota 1] omstreeks 1162-1227), gebore as Temoedjin of Temüjin ,[2] was die stigter, khan (heerser) en khagan (keiser) van die Mongoolse Ryk, wat ná Djengis se dood die grootste aaneenlopende ryk in die wêreld se geskiedenis geword het.

Hy het aan die bewind gekom deur die vereniging van baie van die nomadiese volke van Noordoos-Asië. Nadat hy die Mongoolse Ryk gestig het en verklaar is tot "Djengis Khan" ("universele, sterk leier"), het hy met die Mongoolse invalle en strooptogte in ander lande begin. Die grootste deel van Eurasië, tot so ver wes as Pole en die Levant in die Midde-Ooste, is verower.

In sy leeftyd het die Mongoolse Ryk eindelik groot dele van Sentraal-Asië en China beslaan. Ook middeleeuse Georgië, Kiëf-Roes en Wolga-Bulgarye is binnegeval. Dié veldtogte het dikwels gepaard gegaan met ’n grootskaalse slagting onder die burgerlike bevolkings waarin miljoene mense dood is, en daarom beskou baie mense hom as ’n wrede leier. Vanweë sy buitengewone militêre suksesse word Djengis Khan ook dikwels gereken as die grootste veroweraar van alle tye.[3]

Voor Djengis Khan se dood het hy sy seun Ögedei Khan as sy opvolger aangewys. Later het sy kleinseuns die ryk in khanate verdeel.[4] Djengis Khan is in 1227 dood nadat hy Westelike Xia verslaan het. Op sy versoek is sy oorskot iewers in Mongolië in ’n ongemerkte graf begrawe.[5] Sy afstammelinge het die Mongoolse Ryk tot oor die grootste deel van Eurasië uitgebrei deur vasalstate te oorwin of te skep in die hele moderne China, Korea, die Kaukasus en Sentraal-Asië, asook aansienlike dele van Oos-Europa en Suidwes-Asië. In baie van hierdie verowerings is die grootskaalse slagtings onder die plaaslike bevolkings herhaal. As gevolg daarvan het Djengis Khan en sy ryk ’n vreesaanjaende reputasie in plaaslike geskiedenisse.[6]

Benewens sy militêre suksesse het Djengis Khan die Mongoolse Ryk op baie maniere verbeter. Hy het die Oeigoerse skrif as die ryk se skryfstelsel aangeneem en volgens ’n meritokrasie regeer, waar mense volgens verdienste gebruik en bevorder word in plaas van volgens hulle rykdom of klas. Verder het hy godsdienstige verdraagsaamheid verkondig en die nomadiese stamme van Noordoos-Asië verenig. Hedendaagse Mongole beskou hom as die stigter van Mongolië.[7]

Djengis Khan kry ook erkenning daarvoor dat hy die Syroete onder een, samehangende politieke omgewing gebring het. Daarmee is relatief maklike kommunikasie en handel bewerkstellig tussen Noordoos-Asië, Moslemse Suidwes-Asië en Christelike Europa, wat die kulturele horisonne van al drie streke uitgebrei het.[8]

  1. The American Heritage Dictionary of the English 4de uitg. Geargiveer 26 Julie 2008 op Wayback Machine (2000).
  2. Bourgoin, Stella (2002). "The Life and Legacy of Chingis Khan" (in Engels). Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2008. Besoek op 29 April 2008.
  3. Weatherford, Jack (25 Oktober 2016). Genghis Khan and the Quest for God: How the World's Greatest Conqueror Gave Us Religious Freedom (in Engels). Penguin. ISBN 978-0-7352-2116-1.
  4. Saunders, John Joseph (2001) [1972]. History of the Mongol Conquests. Philadelphia: University of Pennsylvania Press. ISBN 978-0-8122-1766-7.
  5. Man 2007, pp. 254–255.
  6. Ian Jeffries (2007). Mongolia: a guide to economic and political developments. Taylor & Francis. pp. 5–7. ISBN 0-415-42545-X.
  7. "Genghis Khan". North Georgia College and State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2010. Besoek op 26 Januarie 2010.
  8. "Mongol empire - The Golden Horde". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 10 April 2020.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search